Die Spore van Gert Saggiestrap

Die Spore van Gert Saggiestrap

Marco Botha

Meesleurend en komies, ’n storie vir die ‘oogdou’.

Eben Venter

’n Naam is nie net ’n roepding nie. Dis ’n ding wat jóú roep. Só het oom Dahm vir Gert Saggiestrap terug lewe toe probeer bearbei. Toe reeds 14 jaar sy spoor byster in die oer-rivierlope van die ua pukiro in die Omaheke. Nes sy pa met die goeie hart en sy ma met die stukkende verlede was hy ’n boesmankind van die Nuwe Tyd waarin inkommers om en oor die boesmans kom grenspale slaan het. Vir die ellende van hierdie gestroopte bestaan was Gert nie geoormerk nie. Maar toe kom Goeie Vrydag van sy 15de jaar. Die geeste van die dode het vir die eerste keer om hom kom draal. Dié lei hom terug op ’n donker pad wat met die spore van sy oudste voorsate langs loop: na wat dit beteken om ’n boesman te wees met sand-ankers in jou herkoms en ’n hand op die hefbome van die toekoms. Gert Saggiestrap loop soek sy hart, vat sy naam en vind daarin opgesluit sy groot gawe.

Die Spore van Gert Saggiestrap is a  deeply moving novel. The book is the life story of Gert, born in Namibia, and his journey through incredible loss and suffering, to eventually finding his roots by returning to the veld. The book will be launched on the Woordfees pop-up channel on Kyknet in September. There will also be a lot of press in the Afrikaans media – Rapport, Die Burger, Fine Music Radio and RSG.

Die boek is ’n kragtoer deur ’n meester-storieverteller.

Coenie de Villiers

978-1-991202-697 | Trade Paperback | Novel | 356 pages | R300 

Marco Botha is ’n storieverteller. Hy is ’n gewese sportskrywer, bylaagredakteur en mede-uitgewer by Die Burger, Beeld, Rapport en 24.com. Tans botter hy sy brood as ’n TV-rugbykommentator en kommunikasiebestuurder. Sy eerste biografiese sportleierskapboek het in 2013 verskyn, en Die Spore van Gert Saggiestrap is sy eerste roman. Ook is hy ’n meestersgraadstudent in bestuur aan Harvard-universiteit. Marco en sy gesin woon in Kaapstad.