Ek Onthou Flat Cover

Ek Onthou

'n outistiese seun se lewensreis

Anton Muller

Anton se verhaal is enig in sy soort – pynlik eerlik, maar ontroerend mooi. Dit maak die deur op ’n skrefie oop op die kleurryke binnelewe van iemand met outisme. Sy merkwaardige storie verdien om gelees en gedeel te word.

Corrie Muller (broer)

Anton Müller is in 1962 as driejarige met ’n ernstige graad van outisme gediagnoseer en as “onopvoedbaar” geklassifiseer. Hy sou waarskynlik in ’n inrigting geplaas moes word. Sy ma het egter besluit dat Anton sy plek in die samelewing met waardigheid moes vol staan. Hy is in die “spesiale klas” van die plaaslike laerskool geplaas, waar sy lewensreis ’n verrassende koers ingeslaan het. ’n Groepie kinders het hom omarm – met Anton wat op sy beurt hulle lewens verryk het met sy unieke talente en sin vir humor.

Drie jaar gelede het hy begin om sy herinneringe  van die afgelope ses dekades neer te skryf. Sy teks word aangevul met vertellings deur vriende, familielede en onder-wysers. Enersyds gee dit ’n blik op hoe iemand met outisme die “normale” wêreld ervaar; andersyds gee dit vir die buitestander ’n kykie na die intense afgeslotenheid waarbinne ’n outistiese mens leef.

978-1-990977-91-6 | Paperback | Memoir | 184 pages | R260