Bloedvreemd

Bloedvreemd

Juliana Coetzer

‘n Alledaagse gesin. ‘n Onverwagse krisis. ‘n Kind was haar gesin soos ‘n growwe klip skuur en vorm… ‘n onvergeetlike leeservaring.

Hanlie Retief

Tydens ’n gesinsvakansie raak die sewejarige Anneke siek en draai by die dood om. Sy herstel, maar met ernstige nagevolge: weens breinskade word haar verstandelike agteruit-gang elke maand meer sigbaar. Om die sprankelende kind wat lag en presteer te  behou, en die naderende gestremdheid af te weer, gaan die gesin op ’n soektog na ’n wonderkuur. Alles word probeer, van alternatiewe behandelings en ’n vreemde dieet tot ’n besoek aan die profeet TB Joshua in Nigerië.

Soos die siekte toeneem, word alles vir Juliana vreemd en onherkenbaar – haar kind, sy self en haar gesin. Sy voel onbevoeg om haarself of haar gesin te red. Haar eens vrolike huis word ’n plek waar elke lid van die gesin op ’n ander manier leer om te oorleef. Want Anneke se siekte laat almal se unfinished business uit die kas val. Juliana se pad na aanvaarding dwing haar uiteindelik om ook op haar eie spore terug te loop en haar idee van ma-wees te heroorweeg.

Bloedvreemd vertel die aangrypende verhaal van ’n ma se poging om haarself en haar gesin heel te hou en vrede te maak met ’n kind wat nou “in ’n ander vorm leef”. Coetzer skroom nie om te wys wat in die binnekamers van haar huis gebeur nie en laat die leser beurtelings saam met haar huil én lag.

978-1-990977-90-9 | Paperback | Memoir | 272 pages | R235

Juliana Coetzer woon in Vermont. Wanneer sy nie skryf nie, doen sy psigoterapie met mense wat trauma ervaar het. Haar skool vir volwassenes, School of Awareness, bestaan reeds 15 jaar lank. Haar boek wat spesifiek die onderwerp van trauma aanspreek, Oorkant Jou, het in 2017 verskyn. Die Kind se Naam is Anneke, is die opvolg van Bloedvreemd en verskyn in 2021.