Geen Uitspan

Deneys Reitz

Geen Uitspan is ’n boeiende verhaal van die Suid-Afrika van 1919 tot 1942, maar dit is baie meer as net dit. Dit is ook ’n voortreflike weergawe deur ’n briljante skrywer van al sy avonture in die wildernis van Afrika wat hy aangepak het met dieselfde manmoedigheid wat hy in die Anglo-Boereoorlog en die Eerste Wêreldoorlog openbaar het.

Deneys Reitz – ’n politikus gedurende die hele tydperk, en vir ’n groot gedeelte daarvan ook kabinetsminister – het gehelp om talle van die wildtuine in Suid-Afrika wat ons vandag as vanselfsprekend aanvaar, te vestig.

Hy het eintlik die hele lewe as ’n groot avontuur beskou – amper soos met die guerrilla-oorlogvoering waarmee hy goed bekend was, en nie altyd met minder gevaar daarby betrokke nie.

Reitz verskaf onder andere ’n besonder opwindende, eerstehandse verslag oor die politieke drama agter Suid-Afrika se toetrede tot die Tweede Wêreldoorlog.

Hierdie boek is ’n roman oor die waarheid, maar op ’n dieper vlak is dit ’n intieme persoonlike verhaal, en op ’n selfs dieper vlak is dit ’n wonderlike liefdesverhaal oor Suid-Afrika.

978-0639-989-211 I 416 bladsye I 244 x 167mm I R250 (incl VAT) I Oktober 2019